|
Nederlandse Taalunie
Die Nederlandse Taalunie (NTU)
het tot stand gekom uit 'n ooreenkoms tussen België en Nederland wat geteken
is op 9 September 1980. Op 12 Januarie 2005 het ook Suriname amptelik lid
geword van die NTU (assosiasie-lid). Omdat Afrikaans deel vorm van die
Nederlandse Taalfamilie, gaan daar in die laaste tyd al meer stemme op vir
insluiting van Afrikaans by die NTU. 'n Nederlandse adjunk-minister, Frans
Timmermans was in Februarie 2008 op besoek aan Suid-Afrika en hy het
gesprekke gevoer met Pallo Jordan, die Suid-Afrikaanse minister van kuns en
kultuur asook met Aziz Pahad, adjunkminister van buitelandse sake.
Timmermans het tydens sy besoek gesê dat dit tyd geword het dat Afrikaans
uit sy 'verdomphoekje' gehaal moet word en dat die posisie van die taal
versterk moet word.
Suriname is nie in bogenoemde 4
organe verteenwoordig nie, omdat Suriname 'n assosiasie-lid is. Omdat Afrikaans lid is van die Nederlandse taalfamilie het Afrikaans reg om by die Nederlandse Taalunie aan te sluit. Dit sal nie alleen die prestige van Afrikaans verhoog nie, maar Afrikaans sal ook steun ontvang van die NTU. As Afrikaans 'n volwaardige lid van die NTU word, sal Afrikaners ook saam met Nederlanders en Vlaminge besluite kan neem wat die taalbeleid raak in die deelnemende lande. Dis is egter te betwyfel of Afrikaans 'n volwaardige lid sal word van die NTU. Die regering sal moet onderhandel oor toetreding tot die NTU. Dit sal die regering ook geld kos. 'n Aansluiting by die NTU sal die posisie van Afrikaans versterk. Dit druis in teen die wens van die huidige Suid-Afrikaanse regering. Om die onwillige Suid-Afrikaanse regering te omseil, sou die Afrikaanssprekendes moontlik kan aansluit by die NTU via 'n assosiasieverdrag. Dit is vergelykbaar met die lidmaatskap van Suriname. Die Afrikaners sou dan 'n orgaan moet oprig wat die Afrikaanssprekende gemeenskap verteenwoordig. Moontlik sou die FAK hierdie rol kan vervul.
|