Besoek die gespreksforum
 

Nederlandse Taalmonument


 

Die enigste Taalmonument in die węreld wat opgerig is ter ere van die Nederlandse taal, staan vandag in Burgersdorp, Suid Afrika. Hierdie monument is op 18 Januarie 1893 onthul en is 'n mylpaal in die geskiedemis van ons taal.

 

Na die anneksasie van die Kaap deur Engeland, is Nederlands uit die openbare lewe verdring. In 1828 het Engels die enigste amptelike taal aan die Kaapkolonie geword. Die Afrikaners het hulle egter voortdurend beywer vir die erkenning van Nederlands as amptelike taal in die Kaap (naas Engels). Hierdie stryd om erkenning van ons taal, is gewen. Op 9 Junie 1882 is 'n wetsvoorstel in die Kaapse parlement aanvaar, op aandrang van 'Onze' Jan Hofmeyr, waarin Nederlands as amptelike taal erken was.

 

Om hierdie oorwinning te vier, is daar op 26 en 27 Junie 1882 te Burgersdorp fees gevier. 'n Reuse steen van 5 meter lank is voor die NG kerk neergelę waarop Jotham Joubert gestaan en die feesrede gelewer het. Op die feesrede het hy Afrikaners opgeroep om saam te staan en toe te sien dat Nederlands ook erkenning moes kry in die geregshowe. Ook het hy die gedagte geopper om 'n taalmonument op te rig en geld begin insamel. Op 17 en 18 Januarie 1893 is hierdie pragtige monument onthul. Die monument bestaan uit 'n beeld van 'n vrou: Sy personifiseer ons moedertaal Nederlands. Die vrou wys met haar vinger na 'n boek (blad) en daarop staan:"De Overwinning der Hollandsche Taal". By die onthulling van die monument was daar honderde Afrikaners aanwesig. Onze Jan Hofmeyr en S.J. du Toit het nasionalistiese toesprake gelewer waar ons taal geprys was.

 

Die Engelse het hierdie monument afstootlik en verwerplik gevind. Tydens die Anglo-Boereoorlog is dit deur die Engelse vernietig. Die Engelse het beweer dat hulle die beeld fyngekap en in die see gegooi het. In werklikheid het hulle die beeld verniel in dit op die vullishoop van King William's Town gestort waar dit in 1939 ontdek was.

 

In 1907 het die Britse regering 'n replika laat maak van die beeld en is dit in Burgersdorp heropgerig. Nadat die vernielde beeld ontdek was, is dit ook na Burgersdorp geneem en agter die replika opgerig. Met Uniewording is Nederlands saam met Engels erken as die 2 amptelike tale van die Unie van Suid-Afrika.

 

 

 

Knelvrae - Herkoms van Afrikaans - Redes vir invoering van Afrikaans - Gevolge van die afskrywing van Nederlands - Taalbedreiging - Gebiedsbeginsel - Taalredding - Taalafstand    
Diglossie - Standaardtaal Dialekverhouding - Engelse Taalinvloed
 - Nederlandse Taalmonument - Nederlandse Taalunie