Petrus van Eeden is gebore op
20 November 1958 te Venterspost in die buurt van Randfontein, Suid
Afrika.
Hy matrikuleer in 1976 aan die Orkneyse Hoërskool en studeer daarna
verder aan die Potchefstroomse Universiteit vir ’n BA in tale en
psigologie.
In 1981 trou hy met Emma du Plooy en verhuis die egpaar na die Weskaap.
Hulle kry twee seuns.
In 1982 behaal hy aan die Universiteit van Stellenbosch ‘n BA Hons.
Petrus tree daarna in diens by ’n bekende bank in die Paarl.
In 1991 verhuis hy en sy vrou na België.
Met sy aankoms in België word hy veral getref deur die groot
ooreenkomste tussen die standaardtaal in Vlaandere wat soos Afrikaans
klink en daarteenoor ‘tale’ wat soos Frans of Duits klink, maar tog ook
Nederlands genoem word.
Hierdie ondervinding is die basis van die suksesvolle boek.
Petrus
behaal aan die Europese Universiteit te Brussel ’n MBA in 1992. Daarna
behaal hy aan die Vrije Universiteit van Brussel in 1994 sy Magister in
Nywerheidsvestiging en Ontwikkeling met lof en in 1996 behaal hy ‘n
doctorandus in die Nederlandse Taal- en Letterkunde met onderskeiding
aan dieselfde universiteit.
Petrus werk vandag by ’n internasionale
ouditeursfirma in Amsterdam.
|