Besoek die gespreksforum
 

STANDAARDTAAL-DIALEKVERHOUDING


Aan die Afrikaner is voorgehou (deur die voorstaanders van Afrikaans as kultuurtaal) dat daar 'n nuwe spreektaal aan die Kaap verrys het en dat hierdie spreektaal nou nie meer gelyk was aan ons kultuurtaal nie en dat ons om hierdie rede van ons gevestigde Nederlandse kultuurtaal moes afstap. Daar is aan ons voorgehou dat ons in Suid-Afrika met 'n unieke taalsituasie sou sit. Ons het nie geskryf soos ons praat nie en dit sou abnormaal wees. MAAR as almal in Europa moes gaan skryf het soos hulle praat sou daar honderde kultuurtale uit die dialekte moes verrys het. Al hierdie kultuurtale het nie gekom nie. Die Europeërs het hul spreektaal trouens al meer gaan druk in die rigting van die reeds gevestigde kultuurtaal.

Teen 1880 was daar in Nederland (soos ook in Suid-Afrika) streekstale of dialekte gepraat met Nederlands as bovengewestelike kultuurtaal. Onderstaande skets dui die evolusie aan in die huidige Nederlandse taalgebied tussen 1880 en 1980:

a: Familie en vriendekring

b: Woongemeenskap (dorp of wyk)

c: Werkgemeenskap

d: Formele kontakte en kontakte met onbekendes

 

Knelvrae - Herkoms van Afrikaans - Redes vir invoering van Afrikaans - Gevolge van die afskrywing van Nederlands - Taalbedreiging - Gebiedsbeginsel - Taalredding - Taalafstand    
Diglossie - Standaardtaal Dialekverhouding - Engelse Taalinvloed
 - Nederlandse Taalmonument - Nederlandse Taalunie