Besoek die gespreksforum
 

TAALAFSTAND


Afrikaans het al so ver afgewyk van Nederlands dat daar sprake was van 'n nuwe taal. Dit was die gedagtegoed van die voorstaanders van 'n Afrikaanse kultuurtaal. Wanneer 'n mens bloot in Vlaandere 'n bietjie rondluister (laat staan nog 'n studie doen van die dialekte), kom 'n mens wel gou agter dat die Afrikaanse omgangstaal digterby Standaardnederlands staan as talle Vlaamse dialekte, bloot op grond van verstaanbaarheid. Die afstand tussen taalvariėteite kan egter bereken word en by die FFM metode word van fonologiese kenmerke gebruik gemaak. Volgens die metode word in onderstaande tabel bepaal hoe digby 40 Nederlandse dialekte (inklusief Standaardafrikaans) aan Nederlands staan. Afrikaans is 23 ste, en is dus digterby Nederlands as 18 ander dialekte.

Wat nou opval is dat die uitslag van die studie ook min of meer klop met geografiese afstand, met die Randstad as vertrekpunt (die taalsentrum). Die studie word des te interessanter met Standaardafrikaans daarby, wat geografies ver weg sit.

1 Standaardnederlands 1.00000 22 Aalten 0.99170
2 Haarlem 0.99860 23 Afrikaans 0.99162
3 Bodegraven 0.99773 24 Geeraardsbergen 0.99123
4 Barendrecht 0.99756 25 Tubbergen 0.99106
5 Heerhugowaard 0.99722 26 Hindeloopen 0.99068
6 Enkhuizen 0.99704 27 Genemuiden 0.99062
7 Houten 0.99620 28 Grouw 0.99001
8 Sprundel 0.99542 29 Holwerd 0.98958
9 Hulst 0.99478 30 Beilen 0.98942
10 Valkenswaard 0.99431 31 Schaffen 0.98942
11 Zoersel 0.99363 32 Oldeberkoop 0.98850
12 Arnemuiden 0.99355 33 Bree 0.98690
13 Zetten 0.99299 34 Muizen 0.98608
14 Oostakker 0.99288 35 Stadskanaal 0.98571
15 Barneveld 0.99284 36 Warfum 0.98478
16 Ingooigem 0.99276 37 Alveringem 0.98411
17 Westerhoven 0.99260 38 Venray 0.98348
18 Geffen 0.99254 39 Maastricht 0.97951
19 Damme 0.99243 40 Tienen 0.97722
20 Bolsward 0.99228 41 Kerkrade 0.97319
21 Markelo 0.99184      

wpe1.jpg (28225 bytes)

 

 

 

Knelvrae - Herkoms van Afrikaans - Redes vir invoering van Afrikaans - Gevolge van die afskrywing van Nederlands - Taalbedreiging - Gebiedsbeginsel - Taalredding - Taalafstand    
Diglossie - Standaardtaal Dialekverhouding - Engelse Taalinvloed
 - Nederlandse Taalmonument - Nederlandse Taalunie