Besoek die gespreksforum
 

Knelvrae


Belangrike aspekte om by stil te staan.

1) Vir die besoeker uit Suid-Afrika aan Vlaandere of Nederland val twee dinge skerp op. Die taal in hierdie lande is soms volledig verstaanbaar. Dit is die taal van die radio, televisie en die standaardtaalspreker. Maar daar kom ook 'n verrassing. Sommige Vlaminge en Nederlanders is volledig onverstaanbaar. Dit is die dialekspreker. Hierdie fenomeen is vir die Afrikaner vreemd, maar nie vir die Vlaming en Nederlander nie. Om suksesvol te kan kommunikeer gebruik sprekers van verskillende dialekte, die oorkoepelende standaardtaal Nederlands.

2) Vlaams: Daar bestaan nie 'n Vlaamse kultuurtaal nie, en word Vlaams op geen taalskool en op geen universiteit as vak aangebied nie. Die omgangstaal van die Vlaming is een van talle Vlaamse dialekte, maar die kultuurtaal is Standaardnederlands. Op 10 Desember 1973 het die Belgiese owerheid 'n wet aanvaar wat bepaal het dat die kultuurtaal in Vlaandere voortaan nie meer Vlaams heet nie, maar Nederlands. In die volksmond bly die woord Vlaams as naam vir die taal egter voortbestaan. Vandag word by Vlaams egter Nederlands bedoel.

3) Taalafstand: Daar is heelwat Vlaamse dialekte wat veel verder afwyk van Standaardnederlands as Afrikaans. Die algemene opvatting in Suid-Afrika is dat ons omgangstaal (Afrikaans) al so ver van ons kultuurtaal (Nederlands) gaan afwyk het, dat dit nodig was om ons omgangstaal te standaardiseer. As die breedte van die kloof tussen spreek- en skryftaal 'n faktor was, moes hierdie verafwykende Vlaamse dialekte immers eerder kultuurtale geword het as Afrikaans. Die argument dat ons omgangstaal in Suid-Afrika al so ver van Nederlands begin afwyk het, dat dit op grond hiervan gestandaardiseer moes word, is onjuis.

4) Vermenging: In Suid-Afrika aanvaar ons dat Afrikaans ín vermengde taal is. Dit is onwaar. Wanneer 'n mens 'n Afrikaanse boek op 'n onwillekeurige plek sou oopmaak en begin lees, moet jy baie ver gelees voordat jy op nie-Nederlandse woord afkom (uitgesonderd die woordjie baie). Die Afrikaanse leksikon is vir seker goed 99% Nederlands, en dit maak nie van Afrikaans 'n vermengde taal nie.

5) Ander taalbewegings: Nie alleen wou die Vlaminge van Nederlands op Vlaams oorstap nie, maar het ons ook ander bewegings gesien wat eie kultuurtale voorgestaan het, naamlik: in Amerika, BrasiliŽ, Quebec en NoorweŽ (die taalbeweging in NoorweŽ was wel suksesvol, maar is tans besig om te misluk). Behalwe vir die Afrikaanse beweging (en Nynorsk), het al die ander bewegings misluk. Waarom?

6) Kultuurtaal versus dialek: Vanaf 1652 het die Afrikaner 'n harmonieuse taalverhouding geken tussen sy omgangstaal (Afrikaans) en sy kultuurtaal (Nederlands) - waar ons vandag nog sodanige verhouding ken in Nederland, Vlaandere en Suriname. Die Afrikaanse beweging het aan ons voorgehou dat dit abnormaal is om een taal (kultuurtaal) te skryf en ín ander (dialek) te praat. Waarom was dit by ons abnormaal (geword), terwyl dit tot en met vandag in Vlaandere, Nederland en Suriname nie abnormaal is nie en waarom dan 1925 en nie 1700 of 1800 nie? Sien ook diglossie en standaardtaal-dialekverhouding.

7) Wie wou afstap van Nederlands: In die vorige eeue was in Suid-Afrika vele Nederlandse dialekte gepraat, vandag bekend as: Oosgrens Afrikaans, Oranjerivier Afrikaans, Kaapse Afrikaans en Griekwa Afrikaans (laasgenoemde uitgestorwe). Alleen die Oosgrensafrikaner wou gaan ''skryf soos hy praat''. 'n Groot groep, naamlik Kaapse Afrikaners stel tot en met vandag nie daarin belang om te ''skryf soos jy praat'' nie - dus af te stap op 'n eie kultuurtaal met 'n eie spelling en grammatika.

8) Grondwet*: Volgens die grondwet van Suid-Afrika van 1910, het Suid-Afrika twee amptelike tale gehad: Nederlands en Engels. Gedurende 1925 word Afrikaans gelykgestel (let wel gelykgestel, sien * hieronder) met Nederlands, teruggedateerd tot en met 1910 (waarom die terugdatering?). Diť grondwet het geloop tot 1961 met republiekwording. Toe kry ons ín nuwe grondwet. Hierin was Afrikaans en Engels die amptelike tale, maar in Ďn subklousule was vermeld dat by Afrikaans ook Nederlands bedoel word. Het Suid-Afrika tussen 1910 en 1983 twee of drie amptelike tale gehad? Twťť, want Afrikaans en Nederlands was as sinonieme beskou - dieselfde taal. Hierdie sinonimiteit bestaan vandag nie. Waarom nie en wat het dan intussen verander?

9) Spelling: Waarom is daar van die Nederlandse spelling afgestap? Die Nederlandse en Afrikaanse uitspraak verskil nouliks. Vergelyk die uitspraak van woorde soos: universitaire, provincie, produktie, nationaal, jij, duivel, zwart, school, ensovoorts, waar die Afrikaanse en Nederlandse uitspraak gelyk is.

10) Die voorstanders van Afrikaans (as ons kultuurtaal) het laat weet dat bitter weinig Afrikaners 'n eeu gelede Nederlands as omgangstaal gebruik het nie. Maar in Nederland het teen 1930 maar 3% van die bevolking Standaardnederlands as omgangstaal gebruik. In Vlaandere het die Vlaminge teen 1960 nog nie die 3% peil gehaal nie (sommige wetenskappers meen dat dit maar 1% was). Uit ondersoek blyk dat nog nie 20% van die Vlaminge vandag Standaardnederlands as omgangstaal gebruik nie. Die Afrikaner was wat sy taalgebruik betref, geen uitsondering op Nederland en veral Vlaandere nie.

11) Geografiese afstand: Aan die Afrikaner is voorgehou dat Nederlands nie meer as taalmodel kon dien nie omdat Nederland en Vlaandere te ver weg is. En Londen en haar dogters dan? Is daar nie ook 'n groot afstand tussen Portugal en BrasiliŽ nie? Tussen Frankryk en Quebec, en tussen Spanje en Latyns-Amerika, en tussen Nederland en Suriname gaap dieselfde duisende kilometers.

12) Die voorstaanders van Afrikaans as kultuurtaal het die standpunt gehuldig dat die Afrikaner nie Nederlands as omgangstaal gebruik nie en dit ook nooit sal kan doen nie. Die Vlaamse taalmodel laat egter sien dat dit wat in Suid-Afrika nie moontlik was nie, in Vlaandere wel haalbaar is. Wanneer 'n Afrikaner (of Nederlander) vandag met 'n Vlaming kommunikeer, val die volgende duidelik op: Die bejaarde Vlaming is byna volledig onverstaanbaar. Middeljariges is makliker verstaanbaar, maar die Vlaamse jeug gebruik 'n klokhelder verstaanbare Nederlands. Per geslag word dialekgoed laat val ten gunste van Standaardnederlands (sommige wetenskappers meen tot 20% dialekgoed per geslag). Per geslag word daar oorgestap op Standaardnederlands. Wat in Vlaandere gebeur, sou ook in Suid-Afrika gebeur het.

13) Taalsituasie. Aan die Afrikaner is voorgehou dat daar in die Kaap 'n unieke taalsituasie bestaan het wat aanleiding sou gegee het tot die ontstaan van die Afrikaanse omgangstaal en later die Afrikaanse kultuurtaal. Dit is egter 'n halwe waarheid. Die taalsituasie aan die Kaap was soortgelyk aan diť in alle Nuwe WÍreldlande, waar groot getalle vreemdelinge met mekaar moes kommunikeer en die taalgebruik gelei het tot afwykende taalvariŽteite. Dit is logies dat daar in Suid-Afrika 'n andersoortige Nederlands sou ontstaan het. Vandag is gesproke Surinaamse Nederlands en Vlaamse Nederlands nie gelyk aan Nederlandse Nederlands nie. Ook ken die Spaanse/Duitse/Engelse/Franse taalgebiede talle variante in die gesproke taal, maar eenvormigheid in die kultuurtaal.

14) Taalontwikkeling. Aan die Afrikaner was voorgehou dat die taal in Suid-Afrika en Nederland gedurende die 17de eeu gelyk was, waarna die Afrikaners langsamerhand 'n eie koers begin vaar het. Dit is 'n halwe waarheid. Die eie koers het eers teen die vroeŽ 20ste eeu begin. Ook was in Nederland in die tyd nie 'n eenvormige spreektaal gebruik nie. In Nederland was in die tyd baie dialekte gepraat met 'n oorkoepelende geskrewe kultuurtaal. Die naam van hierdie kultuurtaal is Nederlands. Via die oorkoepelende kultuurtaal kon alle Nederlanders onderling (en Afrikaners) met mekaar kommunikeer. Selfs vandag is 'n eenvormig spreektaal in Nederland nog nie verwesentlik nie. Die geskrewe taal in Suid-Afrika en Nederland was tussen die 17de en vroeŽ 20ste eeu gelyk. Die gesproke taal was ongelyk en dit is logies. In alle tale wyk die gesproke taal, wisselend van streek tot streek (of land tot land), af van die oorkoepelende kultuurtaal. 


* In 1909 is die Zuid Afrika-wet deur al vier die provinsies aangeneem, waardeur die Unie van Zuid Afrika tot stand sou kom. Art. 137 van die Unie-grondwet het as volg gelui:

"De engelse alsmede de hollandse talen zijn officiŽle talen van de Unie. Zij worden op een voet van gelijkheid behandeld en bezitten en genieten gelijke vrijheid, rechten en voorrechten. Alle akten, verslagen en verrichtingen van 't Parlement worden in beide talen gehouden, en wetsontwerpen, wetten en kennisgevingen van algemeen publiek gewicht of belang door de Regering van de Unie uitgegeven, zijn en geschieden in beide talen."

Op 8 Mei 1925 is in 'n gesamentlike sitting van die Volksraad en die Senaat, die wet op de OfficiŽle Talen van de Unie eenparig aangeneem. Wet nommer 9 van 1925 het gelees: 

  • "Nademaal er twijfel ontstaan is aangaande de betekenis van het woord "hollandse" in de Zuid-Afrika Wet, 1909; en nademaal het dienstig is die twijfel weg te nemen; zij het bepaald door Zijn Majesteit de Koning, de Senaat en de Volksraad van de Unie van Zuid Afrika als volgt: 

  1. 1. Het woord "hollandse" in artikel honderd zeven en dertig van de Zuid-Afrika Wet, 1909, en elders in de Wet waar dat woord voorkomt, word hierbij verklaard het Afrikaans in te sluiten. 

  2. 2. Deze Wet kan voor alle doeleinden worden aangehaald als de Wet op de OfficiŽle Talen van de Unie, 1925, en word geacht van kracht geweest te zijn vanaf de een en dertigste dag van Mei 1910."

  • Bogenoemde wet was vanaf 1910 regsgeldig. In 1961 kry Suid-Afrika 'n nuwe grondwet. Wet nommer 32 van 1961 vermeld dat Afrikaans en Engels die amptelike tale van die land is. In 'n definisie-omskrywing word vermeld dat Afrikaans ook Hollands is. Die twee artikels uit wet 32 van 1961 lees:

  •  
  • "108. (1) Afrikaans en Engels is die amptelike tale van die Republiek en word op gelyke voet behandel en besit gelyke regte, vryheid en voorregte."

  •  

  • "119. In hierdie Wet, tensy uit die samehang anders blyk, beteken -

  • "Afrikaans" ook Hollands;....."[1]

  • Die Engels bewoording van artikel 119 sluit 'n moontlike verwarring uit, van wat onder 'Hollands' en onder 'Nederlands' verstaan mag word. Dit lees:

  • "119. In this act, unless the context otherwise indicates-

  • "Afrikaans" includes Dutch;...."

    

Knelvrae - Herkoms van Afrikaans - Redes vir invoering van Afrikaans - Gevolge van die afskrywing van Nederlands - Taalbedreiging - Gebiedsbeginsel - Taalredding - Taalafstand    
Diglossie - Standaardtaal Dialekverhouding - Engelse Taalinvloed
 - Nederlandse Taalmonument - Nederlandse Taalunie